10 Vrae vir Dr Marc Roscher, spesialis dermatoloog en stigterlid van die Triomfkliniek

1. Hoe het jy betrokke geraak by die Atterbury Trust?
Ek is deel van ‘n pro-bono groep – Triomf – wat ‘n mediese kliniek vir behoeftiges op die been gebring het, met die hulp van die Atterbury Trust. Daar was baie raakpunte in ons gemeenskaplike visie vir die projek en die loods van die projek het vinnig uitgerol nadat ons besluit het om saam te werk daaraan.
2. Kortliks, wat is jou huislike opset en wat doen jy graag in jou vrye tyd?
Ek woon in Mount Edgecombe in KZN met my vrou Ida, wat ’n binnenshuise ontwerper is, en twee Scotties. Ek kweek orgideë en reis baie; en ek is ’n kranige amateurfotograaf wat graag foto’s neem van ons reise deur die wêreld. Maar een van my gunsteling stokperdjies is my werk in die veld van opleiding. Ek het die Suid-Afrikaanse vereniging van dermatologiese chirurgie in 2007 geskep – dit behels die opleiding van kollegas in die veld van lasers, velchirurgie en velprosedures. Dit het ontwikkel in ‘n internasionale beweging, wat ek en Dr Michael Gold (www.thedasil.org) begin het en ek is vanjaar verkies as president.
3. Waar het jy grootgeword en skoolgegaan?
In die Goue Driehoek! Grootgeword in Pretoria-Oos, matriek gemaak by Affies en geswot by Tukkies.
4. Voltooi die sin: Ek weet ek is’n Afrikaner, want…
Dis in my bloed!
5. Hoe lyk jou ideale Sondagmiddagete?
Skaapboud!
|