Atterbury Trust Nuusbrief
September 2016
Facebook
Twitter
Google Plus
Webtuiste
E-pos

Augustusmaand is in 'n oogwink verby en dis heerlik om tekens van lente in die lug te sien. Uit meer as 300 aansoeke is ongeveer 120 beursonderhoude oor die afgelope twee maande in Pretoria, Stellenbosch, George, Bloemfontein en Potchefstroom gedoen. Dit is nou vir ons lekker om die oproepe na suksesvolle studente te maak. Ons is bevoorreg om te kan bydra om ongeveer 70 nuwe baie behoeftige, maar ongelooflik talentvolle, kandidate op 'n nuwe pad te plaas en 'n geleentheid te kan gee om hulle drome na te jaag en sodoende 'n hele familie se vooruitsigte vir altyd positief te verander. Dit sal die totale aantal kandidate wat in 2017 op ons beursprogram is na ongeveer 220 bring.


Augustus was ook BoekeJol en FilmRolfees-maand in en om Lynnwood Bridge en veral die Atterburyteater was propvol aktiwiteite. Een van die hoofdoelstellings van die Atterbury Trust is die bevordering van kuns en kultuur en ons glo dat ons borgskap van vanjaar se BoekeJol en FilmRolfees kolskoot was! Daar was boekbesprekings met van ons land se voorste skrywers oor bloed en wraak, geskiedenis en fiksie, hartseer en humor. Pretoriase boekwurms het die geleentheid gehad om met skrywers te Kronkelkuier, vrae te vra en nuwe inspirasie te kry. Een van die Atterbury Trust se vereistes vir ondersteuning was dat opvoeding en skole ook by BoekeJol moet baat. Die skoleprojek het 'n wye trefwydte gehad en Esta Steyn saam met NB Uitgewers het 'n handvol skole besoek om die Graad 11 leerling se voorgeskrewe boek, Droomdelwers, te bespreek. Laerskole is deur Christene Neser besoek en daar is beslis daarin geslaag om kinders se liefde vir lees aan te wakker. Tuks se Department Uitgewerswese was ook deel van die fees en studente het as “boekbuddies” agter die skerms gewerk. Atterbury se slagspreuk, “It's a matter of association”, het ook gestalte gekry deur die samewerking van veral GrootFM 90.5, Citadel, City Lodge hotel, Isa Carstens Akademie, Safari & Outdoor, Stephnie's en ander Lynnwood Bridge-restaurante.

Daar is 'n digmarathon gehou, wat terloops een van die gewildste aanbiedings was en selfs die befaamde Deon Meyer was nie net een keer nie, maar twee keer op sy stukke in die Atterbury Teater. Dis Koue Kos Skat het selfs voor die Silwerskermfees 'n debuut in die Atterbury Teater gehad en die gehoor was mal oor Marita van der Vyver se smaaklike boek op die groot skerm. Dis geleenthede soos hierdie wat ons wonderlike taal lewenskragtig hou en Atterbury Trust is trots deel van Pretoria se eie fees! Lees gerus meer oor wat nog alles by BoekeJol gebeur het in hierdie uitgawe. Ons glo dat BoekeJol in jare wat kom gaan uitbrei tot een van dié gebeurtenisse op ons land se kultuurkalender.

Die keuringsproses vir vanjaar se Atterbury Nasionale Klavierkompetisie is volstoom aan die gang en ons sal in ons volgende uitgawe meer daarvan vertel. Dit vind weer van 17 tot 21 Oktober in die Atterbury Teater plaas.

By Triomfkliniek staan dinge ook nooit stil nie en ons het nuwe inspirasie geput uit ons tweede verjaarsdag! Ons is hard besig om met die hulp van Helpende Hand die aangrensende huis te opgradeer en hoop om reeds in November die nuwe, groter Triomf se deure te kan open! Onthou asseblief dat enige donasies baie welkom is – Atterbury Trust is 'n publieke voordeelorganisasie en u bydraes is belastingaftrekbaar.
 
Maak 'n bydrae: Stuur e-pos aan Zahn
Gebruik PayFast om maklik aan Atterbury Trust te skenk. Klik hier om â€™n bydrae te maak. Meer inligting oor PayFast.

’n Toevlug vir weerlose kinders

Dit is vir Atterbury ’n groot vreugde om terug te ploeg in die gemeenskap van Pretoria. Ons het ’n groot behoefte onder skole in Pretoria-Wes geidentifiseer, veral die Afrikaanse skole wat minimale  staatsondersteuning ontvang.  Laerskool Generaal Beyers is een van die skole wat al vir baie jare onder ons vleuel is, en ons gee elke jaar ’n skenking wat aangewend kan word waar die behoefte die grootste is.  Skoolhoof George Parker vertel van die terapiekamer wat met verlede jaar se skenking ingerig is.

Hoe lank is jy reeds skoolhoof by LGB en hoe het jy by die skool uitgekom?
Ek is hoof van Laerskool Generaal Beyers sedert Januarie 2014. Ek het baie jare by die Distrikkantore gewerk en in 2009 (April) het ek aansoek gedoen vir die adjunkhoof-pos en was suksesvol.

Hoeveel kinders is in die skool, en wat is hulle huislike omstandighede?
Ons het tans 1 265 kinders in die skool waarvan ongeveer 25% vrystelling ontvang vir betaal van skoolgelde. Ons gee daagliks vir ongeveer 250 kinders kos. Daar is slegs 50% van ouers wat die R430 skoolgeld per maand wel kan bekostig. Ons maak geweldig staat op skenkings om ’n goeie diens aan leerders beskikbaar te stel.

Ons kinders is aan die onderpunt van die sosio-ekonomiese grafiek en beleef ongelooflike armoede en maatskaplike probleme. Ons het ’n hoë getal enkelouers wat geskei is of nooit getroud was nie. Daar is ook geweldig baie kinders wat by oumas en oupas grootword of by ooms en tannies. Saamgestelde huise is ook volop. Baie van die kinders in ons skool bly in Wendyhuise wat agter in mense se erwe opgerig is. Die uitdaging van die maatskaplike probleme is feitlik onhanteerbaar en die skool kan nie alleen die probleme na waarde aanspreek nie weens tekorte aan fondse en personeel.

Lees volle storie

Nuwe Hoop se Cool Capital kunsgreep

Die leerders van Nuwe Hoop Skool is byna klaar met hul inskrywing vir die Cool Capital 2016 Hoërskoolkunskompetisie, wat deur Atterbury Trust geborg word. Net soos met die eerste biënnale wat in 2014 in Pretoria aangebied is, werk elke deelnemende skool saam met ’n professionele kunstenaar, en vir Nuwe Hoop is dit Unisadosent en kunstenaar Gwen Miller, wat hand bysit saam met studente van Unisa. Ons het met Gwen gesels om te hoor hoe sake staan.

Vertel ons meer van julle kunsprojek.
Ons het besluit op ’n animasieprojek wat die Graad 9 klas en kunsonderwyserers Maggie Botha in samewerking met Unisa-studente doen. Die leerders word aangemoedig om elk ’n baie kort filmgreep te maak wat stop-raam animasietegnieke gebruik. Die Unisastudente doen terselfdertyd ervaring op deur ’n gemeenskapsprojek te doen, leerders te lei en hul kennis te deel; en dit bou ook empatie. Dit bou voort op ’n projek wat in 2014 geloods is en vorm ook deel van my groeiende navorsing oor remediërende projekte. Ek het spesifiek die Graad 9 leerlinge van Nuwe Hoop gekies, omdat gestremde kinders normaalweg nie die geleentheid kry om kreatiewe talente te ontwikkel nie weens die beperkte vakkeuses in hul skole. By Nuwe Hoop kan hulle net tot Graad 9 kuns as vak neem. Ons hoop om die animasies op openbare forums te vertoon.

Wat beeld die werk uit, en wat noem julle die projek?
Die drie klasse het met voorgeskrewe gedigte as temas gewerk: Rain in Summer, Die Touloper and Shopping, en wat die animasies genoem word. Ons noem die projek 2016 UNISA Animators: For Creative Development of New Hope School.

Hoe het julle op die onderwerp besluit – vertel ons bietjie meer van die proses?
Ons wou werk met onderwerpe wat ook ander vakke kan bevoordeel, en in die algemeen die kinders help om te leer. Maggie het die gedigte saam met die taalonderwysers gekies. Ons kry die nodige harde- en sagteware om die werk te doen, deel die leerders in groepe op sodat elke groep die animasie doen vir ongeveer twee reĂ«ls van ’n gedig. Die agtergronde word geskilder of met collage geskep, dan wys ons die kinders die animasietegnieke. Hulle skep dan die storielyn en maak storieborde, daar word stilfoto’s geneem en diĂ© word in die animasieprogram ingetrek om ’n animasiegreep te word. Dan doen ons die klank, neem dit op en inkorporeer dit in die finale produk. Die animasies sal gedurende saalperiode aan die hele skool vertoon word en daarna sal openbare vertonings hopelik gehou word.  Die studente en leerders kry almal sertifikate wat hul deelname aan die projek erken.

Lees volle storie

’n Gebore “juffrou”

Chrisna van Staden, 21, is ’n derde-jaar onderwysstudent, besig met haar B Ed by Unisa. Sy glo daaraan om elke dag ietsie vir haar medemens te doen, en is ook akademies een van Atterbury Trust se toppresteerders. Ons het gaan hoor wat haar inspireer…

Vertel ons meer oor jou agtergrond.
Ek is een van twee kinders. Ek het aan die Oosrand groot geword en in Benoni gematrikuleer. Ons is ’n baie hegte gesin –  ek, my ma en my kleinsus wat nou 12 is. My ma het my grootgemaak; ek het geen kontak met my biologiese pa nie. My ma het my nog altyd ondersteun en bygestaan. Ons is al deur baie moeilike tye saam.

Hoe het jy by Atterbury Trust se beurs uitgekom?
Ek wou altyd verder studeer na skool, maar was onseker oor hoe ek dit finansieël sou kon bybring. Ek het by verskeie instansies aansoek gedoen vir beurse, maar is elke keer afgekeur. Ek het bietjie gaan navorsing doen en ander opsies oorweeg toe ek hoor van Atterbury Trust. Ek het meer uitgevind oor die beurs en aansoek gedoen.

Wou jy altyd ’n onderwyser geword het, of was daar kleintyd ander planne?
Ek wou nog altyd onderwys studeer, vandat ek in Graad 6 besef het ek het ’n natuurlike aanvoeling vir kinders en geniet dit om met hulle te werk. Ek glo ek het ’n unieke manier van inligting oordra; ek is baie passievol en dit is vir my ’n seën om elke dag met kinders te kan werk.

Lees volle storie

Leeslus is lewendig, wys suksesvolle BoekeJol en FilmRol

Daar is gedebatteer, jagstories vertel, resensies ontleed, boeke in diepte bespreek, sosiale media beloer, gekook, geklets, gesing en gelag. Kortom, die tweede jaarlikse BoekeJol en FilmRolfees was ’n dawerende sukses.

“Ons het beslis gesien dat daar groot leeslus vir Afrikaanse werk is, wat onderstreep dat die fees ’n belangrike rol het om te speel,” sê feesorganiseerder Dia van Staden. Altesame 41 boeke is vanjaar vir al die aktuele gesprekke en boekbesprekings ingesluit, en het uithaler boekbesprekings gelewer wat baie uiteenlopende temas aangespreek het. Van die hoogtepunte het ingesluit skrywer Piet van Rooyen en Koos Marais se geselsie met Pierre Breytenbach oor hul Namibiëgeskiedenis en Nama-kennis. Carla van der Spuy het die moeilike verhaal van Amor van der Westhuyzen, die dogter van Joey Haarhoff, in ’n boekvorm vervat, en die gesprek hieroor met forensiese sielkundige Henk Swanepoel by City Lodge was baie roerend en interessant, Pienkes du Plessis is bekend vir sy jagstories, en hy en Bertus van den Heever het jag- en kampstories in Safari & Outdoor se sitkamer gesels.

Atterbury Teater was vir vier unieke boek-en-musiek kombinasie-aanbiedings die gasheer oor die loop van die fees, en hoewel so iets nog nooit voorheen aangepak is nie, was dit ’n groot sukses. Dit was omtrent ’n lekkerte om top Afrikaanse musici Chris Chameleon, Joshua na die Reën, Lize Beekman en Anna Davel se musikale insette te geniet saam met interessante besprekings oor trefferboeke soos ikoniese skrywer Deon Meyer se Koors.

Lees volle storie

Ons  Atterbury Trust

Dit gaan baie goed met ons. Die Here seĂ«n ons onbeskryflik. Ek kan van my kant af sĂŞ dat Triomfkliniek vir Eljada Huis van onskatbare waarde is. Ek neem omtrent weekliks mense soontoe en die diens is puik. Indien julle gaan uitbrei sal dit so baie vir die gemeenskap beteken, want dit is dienste wat onbekostigbaar en selfs via Kalafong ontoeganklik is. Dis baie hartseer maar ook ’n realiteit. 

Annatjie van Schalkwyk, Direkteur, Eljalda Huis MSW

Laerskool Westerlig


Ek wonder wat moet ek doen dat julle besef hoe dankbaar ek is. Dit is so ’n groot stuk genade... daar is nie regtig woorde om dit te beskryf nie.
 
Ek kan net met diepe dankbaarheid en egtheid dankie sĂŞ.
 
Dankie vir so baie.
 
Erich Cloete, Skoolhoof, Laerskool Westerlig

Boekejol en Filmrol 2016


Daar is behoorlik gejol tydens BoekeJol nommer twee. Hartlik dankie aan Atterbury Trust vir jul reuse bydrae tot die sukses van die fees. Pretoria is nou, meer as ooit, aan die gons oor BoekeJol.

Dankie vir raad en die aktiewe daad wat daarby gevoeg is. Dit is heerlik om die Atterbury-gesigte by dié opbouende projek se aktiwiteite en gesprekke te sien.

Zahn, dankie dat jy ’n geduldige oor het en ek sien daarna uit om 2017 se projek met julle hulp te laat bloei en blom!
 
Met opregte dank
Dia van Staden
Share
Tweet
+1
Forward
Kopiereg © 2016 Atterbury Trust, Alle regte voorbehou.


Kanselleer intekening    Opdateer my inligting