’n Triomfantelike begin
Die Triomfkliniek, breinkind van ’n groep groothartige medici van Pretoria, word vandeesmaand met die hulp van die Atterbury Trust uiteindelik ’n werklikheid. Van nou af het Pretoria-Wes se behoeftiges makliker toegang tot gesondheidsorg, vertel Zahn Hulme, uitvoerende hoof van die trust.
Waar kom die idee vir die kliniek vandaan?
Die idee vir die Triomfkliniek is gebore deur ’n groep medici en lede van die sakewêreld, insluitend die Atterbury Trust, wat die kritieke tekortkominge in gesondheidsorg vir die minderbevoorregte inwoners van Pretoria-Wes as ’n knellende behoefte geïdentifiseer het. Twee van die betrokkenes is die voormalige voorsitter van die verpleegsustervereniging Iris Roscher, wat al jare betrokke is by mediese dienste in die Pretoria-omgewing; en Ria le Roux, vroeër jare direkteurgeneraal van basiese gesondheidsdienste.
So hoekom ’n kliniek?
Ons was bewus daarvan dat hoewel daar goeie dokters in die staatshopsitale is, is die infrastruktuur onder soveel druk. Administrasie is toenemend in ’n warboel sodat dit geweldig lank neem vir ’n pasient om in die stelsel te kom sodat hy of sy geholpe kan raak. Baie behoeftige Afrikaanssprekendes sukkel om by behoorlike gesondheidsorg uit te kom en die Triomfkliniek is ’n poging van die gemeenskap om self ’n oplossing daarvoor te vind.
Lees meer
|