10 vrae vir Altie Griffiths, kampusbestuurder van Isa Carstens in Pretoria
1. Hoe is jy betrokke by die werk van die Atterbury Trust?
Ek is die kampusbestuurder van die Isa Carstens Akademie in Lynnwood. Atterbury Trust is ’n aandeelhouer in die akademie en ons nuwe koshuis en ons studente het daarom met groot geesdrif betrokke geraak by Atterbury Trust se projekte.
2. Wie is Altie as sy by die huis is?
Ek het in Julie verlede jaar Pretoria toe getrek na 13 jaar in Hoedspruit waar ek voorheen ’n gastehuis op die plaas begin en bedryf het. Ek woon baie naby die Lynnwood-kampus saam met my nuwe man (ons is in Maart verlede jaar getroud) en het twee kinders in Hoërskool Menlopark.
3. Waar het jy grootgeword en skoolgegaan?
Ek is gebore in ’n sendinghospitaal naby Hoedspruit en het oral in Limpopo op klein plattelandse skooltjies skoolgegaan en by Pietersburg Hoërskool matriek geskryf.