Atterbury Trust Nuusbrief
Lees op die internet
Oktober 2014
Facebook
Twitter
Google Plus
Webtuiste
E-pos

Agter die gordyn… die storie van die Atterbury Teater

’n Teater is n plek van drome, n ingewikkelde en verweefde stelsel van boukundige towerwerk wat saamspan  om te sorg dat  ek en jy wat ons kaartjie koop en terugsit as die ligte afgaan, kan glo daar is n ander wêreld wat hom op die verhoog afspeel. En om n nuwe teater van die grond af te bou, is ook nie sommer enige dag se kap en timmer nie. Vra maar vir Gerrit van den Berg, ontwikkelingsbestuurder van Lynnwood Bridge en die Atterbury Teater.

Die teater was van die begin af n ankerelement toe die Lynnwood Bridge sentrum beplan is, iets waaroor Atterbury medestigter Louis van der Watt sterk gevoel het. “Laurika Rauch het die lot van Afrikaanse kunstenaars by Louis bekla – die probleem dat daar by teaters in staatsbesit relatief min tyd ingeruim word vir Afrikaanse optredes,” verduidelik Van den Berg.  “Die talent is daar en die aanvraag is ook daar, maar daar is nie altyd teater-ruimte en –tyd beskikbaar nie. Ek glo dit was deel van die beweegrede om n teater te bou waar Atterbury as kunste-ondersteuner self kon besluit wat op die planke kom.”

Die projekspan het n recce gaan doen in Londen se legendariese West End teaterdistrik en talle teaters besoek om n duidelike beeld te vorm van wat hulle met hulle splinternuwe teater wou doen, sê Van den Berg. Die argiteksfirma Studio 3 Architects International het al die behoeftes in ag geneem, en met die luukse van moderne tegnologie tot hul beskikking n teater ontwerp wat intussen al n prys gewen het vir innovasie in die ontwerp van die plafonne in die teater.

Lees meer

Cool Capital Hoërskool kuns

St Alban’s College het besluit op ‘n muurskildery vir hulle inskrywing in die Atterbury Trust se Cool Capital Hoërskoolkunsprojek. Ons het met die projekleier, graad 11-leerling Selwyn Steyn, gesels oor die proses.

Waar is die muur? Hoekom ’n muurskildery?

Die muur is oorkant die skool se kapel. St Alban’s College is oorspronklik op ’n melkplaas gebou, en hierdie muur was altyd deel van die koeiskuur. Ons het daarop besluit omdat baie mense hier verbystap en omdat dit deel van die oorspronklike plaasgebou is.

Wat beeld die muurskildery uit?

Dit is die gesig van Biskop Timothy Bavin, een van die stigters van St Alban’s College. Die fokus is nie eintlik op “wie” dit is nie, maar wie hy verteenwoordig – alle individue wat n impak op ons samelewing het. Aan die regterkant sien jy die woorde “past” en “future”, tussen die twee is n dun blou streep wat die hede verteenwoordig. My inspirasie het gekom van ‘n onderhoud met mediamagnaat Koos Bekker van Naspers wat ek gelees het, waarin hy gesê het: “Mens kan nie die toekoms voorspel deur dit met die verlede te vergelyk nie, mens kan net wag vir die toekoms om te gebeur, en dan daarby aanpas.” Vir my gaan dit oor die mens se impak op die wêreld en die vasvang van die hede.

Lees meer
Maak 'n bydrae: Stuur e-pos aan Zahn

10 Vrae Vir Frances Delport, die skoolhoof by Beyers Bytjies Pre-Primêr

 

frances foto1. Wat is die mees bevredigende deel van jou werk?
Dat wanneer ek huistoe gaan ek weet dat ek n verskil in hierdie kleuters en ouers of een van my personeel se lewe gemaak het.

2. Wat is die moeilikste deel van jou werk?
Om nie altyd in staat te wees om almal te help wat hulp of selfs net ondersteuning nodig het nie, al probeer ons.

3. Wie is Frances by die huis?
Ek is al 24 jaar met n wonderlike man getroud, wat my in alles ondersteun en ook my grootste vriend is.  My twee seuns is op universiteit en my dogter is in graad 8.  As pastoorsvrou geniet ek dit baie om ook die gemeente te bedien.

4. Wat was die lekkerste dag by die werk in die jaar sover?
Vir my was die opening van die Triomf Kliniek die hoogtepunt sover hierdie jaar omdat dit verligting bring aan ‘n groot behoefte wat altyd daar sal wees in hierdie omgewing.

Lees meer

Atterbury nasionale klavierkompetisie

Die inskrywings het gesluit, die beoordelaars het die room van die melk afgeskep, en nou is dit tyd vir die ongeveer 40 hoopvolles wat gekeur is om te oefen dat die biesies bewe. Vir die vierde jaar in n ry is Atterbury trots om Suid-Afrika se top jong pianiste die geleentheid te bied om uit te haal en te wys in die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie.

Zahn Hulme vertel hoe Atterbury by die kompetisie betrokke geraak het: “Ek het Dr Willie de Jager (nou die voorsitter) by n verjaarsdag van n gemeenskaplike vriendin ontmoet rondom die tyd wat ons die teater gebou het. Ek het hulle van die nuwe teater in Pretoria-Oos vertel en Dr de Jager-hulle het my daarna gekontak met hulle idee.”

Dié idee, volgens Dr de Jager, was om n platform te skep wat jong pianiste die kans sou gee om op gelyke voet te kan meeding, hulle aan die verhoog bloot te stel in voorbereiding vir die Unisa nasionale klavierkompetisie en die internasionale arena. “Ook natuurlik om hulle erkenning te gee vir hulle talent en harde werk,” verduidelik hy.

Boonop kon die kompetisie n alternatief bied vir die destydse Sanlamkompetisie in die Kaap, so met Dr De Jager as voorsitter het dit vorm gekry, vertel Zahn. “Atterbury het dit gesien as n goeie manier om die teater toeganklik te maak vir skoolkinders – dit was in lyn met ons aanvanklike doelwit om die teater ter uitbreiding van die kunste en kultuur te gebruik."

Lees meer
Kopiereg © 2014 Atterbury Trust, Alle regte voorbehou.


Kanselleer intekening    Opdateer my inligting